Local sportSport

Met ‘n fluitjie in die hand skrik sy vir niks nie

Met 'n fluitjie in die hand skrik Moné Gates, 'n gr. 10-leerling van Hoërskool Rob Ferreira nie vir ouer of meer ervare hokkiespelers nie.

Moné het in Desember tydens die SA Skolekampioenskappe as skeidsregter vir die o/13-seuns tydens hul eindstryd by Tukkies opgetree. Sy vertel dat dit vir haar verskriklik lekker was en dat sy dit geniet het om nuwe mense te ontmoet. Sy het tydens haar laerskooljare besef dat sy daarvan hou om skeidsregter te wees en het in haar gr. 8-jaar die eerste vlak van gradering behaal.

Volgens van die skool se hokkiespelers is sy streng op die veld en het hulle baie respek vir haar. Moné het verskeie kere as skeidsregter vir die eerstespanhokkiemeisies opgetree en hoop om hierdie jaar dit ook vir die seuns te doen. “Ek sal graag na die volgende vlak wil gradeer en dan self ook hokkie speel hierdie jaar.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button