Local sportSport

Kampioen wen die XCM met gemak

'n Boorling en kranige fietsryer van Tzaneen, Alan Gordon (24) is vanjaar se Barberton XCM-kampioen.

Om en by 1 300 ryers van so ver as Australië, België, Duitsland en die Verenigde Koninkryk het aan die 19de wedren van die Barberton XCM wat Saterdag plaasgevind het, deelgeneem.

Gordon het die 110-ultra-marathon in vier uur, 25 minute en 29 sekondes voltooi.

‘n Plaaslike ryer, Hennie Kriek het ses minute later oor die wenstreep gejaag in 04:32:12.

Gordon het met die eerste klim reeds ‘n voorsprong van drie minute gehad. Na 70 kilometer agter die rug, was hy meer as vyf minute voor en was dit duidelik dat geen ryer hom sou inhaal nie.

Christine Janse van Rensburg is die algehele wenner in die vroue-afdeling met ‘n tyd van 05:14:28. Die tweede vrou, Liesl Lourens het 32 minute later aangekom.

Bells Cycling Midas/LGE se Vanessa Bell het in die 77 kilometer uit ‘n totaal van meer as 250 fietsryers, ‘n algehele 12de plek verower, maar sy was die eerste vrou wat klaargemaak het.

Valencia se Sam Sanders het ‘n tweede plek ingeneem in ‘n tyd van 04:01:11.

In 02:17:15 in die 48 kilometer, het Liam de Klerk goud om sy nek gehang. Monique Swart het weereens die top-posisie in die 30 kilometer ingeneem in 01:33:20, en Kobus Pretorius van Cycle Lab het die voortou in die mans-afdeling geneem in 01:16:46.

Volgende jaar sal dit die 20ste herdenking van die Barberton XCM wees wat deur die dorp se Rotariërklub aangebied word.

Was jy daar? Loer na die aksiefoto’s: Gordon finishing strong at XCM

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button