Local sportSport
Skryf nou vir Longtom ultramarathon in
Die Longtom-ultramarathon - ‘n Comrades-kwalifiseringswedloop, word na drie jaar herleef.

Die wedloop sal op 28 Maart oor ‘n afstand van 55km gehardloop word. Dit begin by York Timbers, die nuwe borg, se kantoor in Hoofweg in Sabie, en eindig by die maatskappy se sportgronde in die dorp.
Vroeër jare is die wedloop van Sabie oor die Longtom-pas tot in Lydenburg gehardloop. Die atlete hardloop steeds teen die pas uit, maar draai by die geskiedkundige Longtom-kanon om. Buiten die ultra-wedloop sal daar ook ‘n marathon (42,2km) en ‘n half-marathon (21,1km) aangebied word. Vir meer besonderhede stuur ‘n e-pos na adventure@york.co.za.
Skryf hier in:
https://docs.google.com/forms/d/1d6rXyIxK408TTNcqpLC8fvz6FbfP2bLEA096GWxxecE/viewform
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
