Local sportSport

Swemmers skitter by aandbyeenkoms

Giano en Jodi Dos Santos van Guppie Swemklub, het by die afgelope Mpumalanga-aandbyeenkoms elkeen R500 in hul sakke gesteek.

Dit word aan diegene wat die hoogste Hy-Tek-punte in hul drie beste items behaal het, oorhandig.

Milan van Veenhuyzen van Vumela Aquatics het óók met sy eerste plek in die 200-meter individuele wisselslag, 100- en 50-metervryslag ‘n paar rand ryker geword.

Skye Munro het met die senior trofee teruggekeer huis toe nadat sy ‘n derde plek in die 50-meterrugslag, ‘n vierde plek in die 50-metervlinderslag, sewende plek in die 50-meterborsslag en ‘n agtste plek in die 50-metervryslag verower het.

Sewe swemklubs, Uniswim, Fins, Vumela, Guppie, Wild Geese, Komatipoort en Sharks-Swasi het Donderdag by Van Riebeeckpark vir ‘n plek op die podium meegeding.

Altesaam 655 deelnemers het met Uniswim-keppies geswem en ‘n algehele eerste plek op die totale punteleer ingeneem.

Dié klub se Jordyn Minifie het ‘n groot bydrae tot haar span se goeie prestasie gelewer.

Sy het net-net met ‘n plek op die podium in die 200-meter individuele wisselslag en die 100-meterborsslag uitgemis. Sy het in haar laaste item, die 100-meterrugslag ‘n silwermedalje met ‘n tyd van 01:19:80 gekry. Die swemmers is hard aan die werk vir die SA Kampioenskappe vroeg in Maart in Port Elizabeth.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button