Local sportSport

Rekords spat op die baan en veld

Meer as 30 nuwe rekords het by die afgelope naweek se Integricor vriendskaplike atletiekbyeenkoms gespat.

Jovan Krause van Laerskool Nelspruit het vir sy prestasie op die veld, 954 Absa-punte gebank, die meeste op die dag.

Hy het dié uitsonderlike uitslag in die verspringput behaal.

Laerskole Nelspruit, Laeveld, Witrivier en JJ van der Merwe het Saterdag in die snikhete sake uitgespook en hiermee 36 nuwe rekords opgestel.

Ashaan Sebastian van Laerskool Laeveld het die tweede meeste punte op die dag verdien van 945 en is as die beste baanatleet aangewys. Die beste veldatleet is aan Shanese de Clerck, ook ‘n Nellie toegeken met 904 punte agter haar naam.

‘n Dogter van JJ van der Merwe, Jana Koegelinberg het die trofee vir die beste baanatleet ontvang en 879 punte in haar sak gesteek.

Junior- en senior victrix en victor ludorum:
• Junior victrix: Enliora Raman (Laeveld)
• Junior victor: Kryn Romijn (JJ van der Merwe)
• Senior victrix: Lana Heroldt (JJ van der Merwe)
• Senior victor: Tijhan van der Walt (Laeveld).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button