Spoedvrate lewer hul beste op die baan
Corlia van der Merwe van Hoërskool Barberton het by die Laeveld Spoed-en aflosuitdaging 'n nuwe rekord van 12:70 sekondes vir dogters o/15 in die

100 meter vasgepen. Sy’t die rekord wat in 2014 opgestel is, met 0:78 sekondes verbeter – die beste een op die dag.
Altesaam 16 laerskole naamlik Witrivier, Sabie, Graskop, Numbi, Nelspruit, Bergland, Laeveld, Lydenburg, Clivia, Laeveld Akademie, Penryn, Uplands, Skukuza, Malelane, Nelspruit Primary en Curro en agt hoërskole onder andere, Rob Ferreira, Sybrand van Niekerk, Lydenburg, Barberton, Bergvlam, Curro, Penryn en Uplands het verlede week by Hoërskole Rob Ferreira se sportgronde bymekaargekom. In die dogters o/12 se 80 meter, het 15 atlete die bestaande rekord gebreek.
Gedurende die dag is 60 nuwe rekords in die boeke aangeteken.
Die Steval Pumas se aflosspan, Justin van Staden, Pule Sibiya, Bennie Moshabane en Jerome Pretorius het teen ‘n span van Robbies se Carel van Wyk, Rudi Jordaan, Sizwe Mashele en Qwandu Nhlabathi gehardloop. Die rugbyspelers het net-net die item met 0:22 sekondes gewen.
