Local sportSport

Spesiale gaste ondersteun plaaslike krieketklub

Oud-Proteaspeler Garnett Kruger en SA A-span krieketspeler Hardus Viljoen ondersteun Nelspruit Krieketklub se gholfdag.

Die spelers het maar die snikkende hitte tydens die hittegolf verlede week trotseer om ‘n vriendelike potjie gholf te geniet. Nelspruit Krieketklub het verlede Vrydag boonop baie spesiale gaste tydens hul jaarlikse gholfdag verwelkom.

Oud-Proteaspeler Garnett Kruger en SA A-span krieketspeler Hardus Viljoen het hul deel kom doen om die plaaslike klub te ondersteun. Hulle is egter kennelik minder bedrewe met dié tipe balspel en die algehele wenners op die dag was Stean van der Merwe en Garth Snyman.

Dawie en Theresa van der Merwe het die tweede minste houe oor die 18 putjies gespeel en John Welthagen en Wynand Swanepoel was derde. Die langste sethou- en naaste aan die pen-pryse is albei Jaco Sevenster gewen.

Een van Viljoen se getekende Lions wedstrydhempe is opgeveil. Billy de Jager is daarmee huis toe, terwyl Dolf Maritz ‘n geborgde sewe-nag vakansie op die veiling verkry het.

Volgens Peet Welthagen van Nelspruit Krieketklub kon hulle sowat 120 spelers kry om die son te trotseer. Hy voeg by dat die wins van die dag aangewend sal word om die klub se huur (hul fasiliteite is by Lowveld High School) en ander lopende uitgawes te dek.

“Baie dankie ook aan al die borge en die spelers wat ons ondersteun het.”

Sien meer foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button