Topatlete sorg vir ‘n sensasie
Dié naam was Vrydag tydens die interlaerbyeenkoms op almal se lippe: Laerskool Laeveld se Ashaan Sebastian Greaver.

Nie net het dié o/12-seun op drie rekords verbeter nie, maar ook na afloop van die geleentheid vier trofeë ingeoes.
Die sensasiestuk van atletiek, die interlaer het Vrydag op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind waar Nelspruit Primary aan die stuur van sake was.
Ashaan het sy eerste rekord in die 150-meterhekkies gebreek. Hiermee het hy 1 055 Absa-punte verower en is ook met dié prestasie as die senior victor ludorum aangewys.
Lydenburg se Marius Nel is as die beste veldatleet aangewys nadat hy 996 punte in die verspringput losgepring het.
Marius het ‘n nuwe rekord in die 70-meterhekkies met ‘n tyd van 11,50 sekondes vasgepen.
Hy het ook ‘n derde plek in die hoogspring, in die 80 meter en ‘n sesde plek in die 100 meter behaal.
Die victrix ludorum is aan Laerskool Nelspruit se Rhodé Nel oorhandig. Dié o/12 het ‘n eerste plek in die 150-meterhekkies (ook ‘n nuwe rekord van 24,75 sekondes), ‘n tweede plek in die 100 meter en ‘n goud in die 150 meter behaal.
