Local sportSport

Plaaslike manne laat Piet Retief behoorlik les opsê

Die manne van Barberton Rugbyklub is Saterdag behoorlik in hul noppies en het rede gehad om ordentlik in die klubhuis fees te vier na afloop van die vriendskaplike wedstryde teen Piet Retief.

Albei die wat op Coronation Park plaasgevind het, is deur Barberton gewen.

Die eerste span het skoonskip gemaak toe hulle die manne van Piet Retief aanvat en met 19-6 uit die stryd getree.

Drieë is deur Phulane Zwane, Hans Meyer en Danté Boheme aangeteken. Twee is deur Rheinardt Ludick verdoel.

Met die tweede span het dit net so goed gegaan toe hulle Piet Retief in die stof laat byt het met 24-17. Phumlane Msibi, Johan Schoeman en Neil de Witt het vir die drieë gesorg en een is deur Donovan Whelan verdoel. Whelan het ook ‘n strafskop aangeteken.

Die volgende wedstryd op tuisveld sal tentatief teen Witrivier op 28 Maart plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button