Local sportSport

Paintball Unite skop toernooie af

Daar was op Valentynsdag nie juis baie paartjies wat teen mekaar paintball kom speel het nie,

Paintball Unite het onlangs hul toernooi-seisoen afgeskop. Hierdie tyd van die jaar speel hulle meestal bush ball, verduidelik Peter Valster.

Dit behels dat spelers in ‘n natuurlike buitemuurse omgewing speel. Laat somer is die gras lekker lank en ideaal vir dié tipe spel. Bush ball is anders as speedball wat later die jaar gespeel sal word na die gras gesny is, en bunkers insluit. Die arena is groter en die spel is stadiger. Die ruigtes bied die ideale wegkruipplek aan spelers.

Dean Dreyer bekruip Jethro de Wet.
Dean Dreyer bekruip Jethro de Wet.

Hulle kan kies hoe hulle die spel wil aanpak – deur te bekruip of te hardloop en aan te val. Valster en sy baanopsieners maak net seker almal is veilig. Hulle stel veiligheid eerste, en dan pret, wat die eindelike doel is van verfbal.

Valster grap dat hulle op Valentynsdag nie juis baie paartjies gehad het wat op mekaar kom skiet het nie, maar daar was baie meer spelers as gewoonlik – asof Laevelders uiteindelik die pret van die spel begin agterkom. Paintball Unite se doel is juis om plaaslike spelers van alle vaardigheids- en ondervindingsvlakke ‘n professionele platform te gee waarin hulle kan speel.

surrender web

Die arena is oorkant die pad van Elmswood op die R37/Lydenburgpad, sowat 14 kilometer buite Mbombela. Dit kos R200 per persoon om te speel en al die toerusting is ingesluit as jy nie jou eie het nie. Kinders moet 10 jaar oud wees om te speel.

Navrae: Peter Valster by 072-942-8525 of petervalster@yahoo.com

  • Sien nog foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button