Local sportSport

Saru kom lê besoek af by die Pumas

'n Span rugbyghoeroes, die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se mobiele-eenheid, het onlangs die Steval Pumas besoek.

Die hoofbestuurder van die hoëprestasie-eenheid van Saru, Rassie Erasmus, sit agter hierdie projek wat aan sleutelareas van die spel aandag gee.

Die huidige prestasie-annalis van die Bokke wat ook Maties se Varsitybekerspan afgerig het, Chean Roux en Jacques Nienaber, voormalige verdedigingsafrigter van die Stormers, het ‘n draai in die Laeveld kom maak.

Rugby het oor die jare meer tegnies en analisties geraak en unies het bronne nodig om op die hoogte van nuwe verwikkelinge te bly.

Die Mpumalanga Rugby-unie se besturende direkteur, Pieter Burger reken dat alle oë vanjaar op die Pumas gaan wees wanneer die Vodacombeker Vrydag begin.

“Spelers se ligte het aangegaan en die eenheid het ‘n baie positiewe mentaliteit by die spelers geskep. Ons wil aan die spelers se psigiese komponent werk sodat hulle kan trots wees om ‘n trui oor hul kop te trek. Die unie gaan tydens die seisoen vakkundiges kry om die span te kom besoek om moontlike leemtes te identifiseer.”

Die Pumas het reeds drie opwarmings-wedstryde vanjaar teen onderskeidelik die Blou Bulle, Shumba Ferros en die Luiperds gespeel. Met ‘n nuwe afrigter, MJ Mentz aan die stuur van sake, kan aanhangers beslis na opwindende rugby uitsien.

Die Pienktruie speel hul eerste wedstryd Vrydag 6 Maart teen die Down Touch Griffons by Mbombela Stadium.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button