Local sportSport

Voortrekkers trotseer hitte vir kankerlyers

Die plaaslike Voortrekkerbeweging het Vrydag 13 Februarie die versengende hitte aangedurf en ewe dapper in die dorp se strate gaan blikskud.

KOMATIPOORT – Die plaaslike Voortrekkerbeweging het Vrydag 13 Februarie die versengende hitte aangedurf en ewe dapper in die dorp se strate gaan blikskud.

Kinders het geleentheid gekry om vir die kanker van hul keuse geld in te samel. Elke tipe is deur ‘n ander kleur van die kanker-embleem verteenwoordig.

Al swetende het hulle by Komati Square aangekom waar die publiek geleentheid gehad het om ‘n bydrae vir kankernavorsing te maak en ‘n nodige geldjie in ‘n opgewonde jongeling se blikkie te laat val.

Daarna het Mariaan Pretorius die kinders ingelig hoe om hulself teen onder andere velkanker en longkanker te beskerm. Hulle is ook aangemoedig om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. Die terugtog is weer aangepak waar ‘n heerlike koue versnapering deur elkeen geniet is.

Diè beweging hou jaarliks ‘n fondsinsameling op die besondere wyse vir ‘n liefdadigheids-organisasie en het besluit om vanjaar vir KANSA te ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button