Lanies sien uit na Mpumalanga kampioenskappe
Hope Madonsela en Thapelo Nkuna was ook uitblinkers tydens hierdie byeenkoms en het al die talent om die Onderberg in Ermelo trots te maak.
Die Laeveld se beste laerskoolatlete het by die Ehlanzeni Streekskampioenskappe teen mekaar meegeding om ‘n plek in die Mpumalanga Kampioenskappe met Laerskool Malelane wat ‘n klompie spogvertonings op eie bodem gelewer het.
Dié skool was ook die gasheer van die byeenkoms wat Dinsdag 24 Februarie gehou is waar 10 ander skole se atlete vir die twee topposisies in hul onderskeie items meegeding het.
White River Primary, Laerskool Nelspruit, Laerskool Laeveld, Penryn College, Nelspruit Curro, Uplands College, Riverview Prep, Laerskool Barberton en Laerskool Numbi was almal goed verteenwoordig.
Laerskool Laeveld se Ashaan Sebastian Greaver het met sy blitsige spoed beïndruk en gaan dopgehou moet word tydens die Mpumalanga Kampioenskappe in Ermelo.
Laerskool Nelspruit se Jovan Crous het ook gewys waartoe hy in staat is toe hy ‘n nuwe rekord met ‘n sprong van 4,35 meter behaal het.
Sinokuhle Mazibuko van Laerskool Malelane het haar tuisveld goed benut en selfversekerd die gewigstootbal met mening gestoot. Hope Madonsela en Thapelo Nkuna was ook uitblinkers tydens hierdie byeenkoms en het al die talent om die Onderberg in Ermelo trots te maak.
Laerskool Malelane wens die volgende atlete sterkte toe wat hierdie naweek aan die Mpumalanga Kampioenskappe in Ermelo gaan deelneem:
Mieke Botha: Hekkies
Sinokuhle Mazibuko: Gewigstoot
Luka Swanepoel: Hoogspring
Boikanyo Makgero: Hoogspring
Maviwe Khoza: Gewigstoot
Cilliers van Heerden: Hekkies
Hopewell Khoza: Hekkies
Kuhle Mnisi: Hekkies
Hope Madonsela: Hekkies, naelloop, gewigstoot, verspring en hoogspring
Thapelo Nkuna: Verspring, hekkies, hoogspring, naelloop.
