Local sportSport

Nelspruit se vrou knikker besoekers maklik uit

Die finaal sal op 29 Maart gespeel word.

Nelspruit krieketklub se vrouekrieketspan het verlede Sondag korte mette gemaak van ‘n besoekende span van Piet Retief. As deel van ‘n impromptu Mpumalanga-vroueliga het Piet Retief kom toer. Hulle het in twee T20-wedstryde by Uplands kragte gemeet en Nelspruit was by verre die beter span.

Nelspruit het op die lieflike Sondagoggend eerste gekolf. Daar het vroeg ‘n paar paaltjies geval, maar toe die ma-en-dogterkombinasie, Janet en Simoné Starbuck, saam gekolf het, kon hulle die hoogste venootskap om die vierde paaltjie bymekaarmaak. Simoné se 20 lopies was die hoogste telling, met Janet wat 16 lopies kon aanteken.

Die stertkantkolwers, Annerika Jacobs se vinnige ses lopies, Hope Hlope se vyf en Odleen Slabbert se nege, het gehelp om die span se telling tot 94 te bring. Maar Piet Retief se boulers het hul saak nie gehelp nie en het 32 ekstras afgestaan. Piet Retief se Farhaana Cassim kon vier paaltjies vir 12 lopies in vier beurte neem.

Toe hulle egter begin kolf kon hulle net nooit op dreef kom nie, met paaltjies wat met reëlmaat geval het. Angelique Klingenberg was die top-lopiemaker met 10. Tog het die gasvroue self 22 ekstras afgestaan, waarvan 18 lopies wydlopers was.

Mareliza Clark was die topbouler met drie paaltjies vir drie lopies in 3,5 beurte. Nelspruit se jongste speler en Uplands-leerder Katie Prior kon ook drie paaltjies vir slegs sewe lopies in vier beurte plattrek. Simoné Starbuck het drie paaltjies vir agt lopies in drie beurte geneem.

Die provinsiale finaal sal op 29 Maart gespeel word.

Maar dis nie te laat om by die span aan te sluit nie. Hulle oefen Woensdae om 16:30 by Hoërskool Bergvlam. Enigiemand wat wil saamspeel kan Simoné Starbuck by 082-301-5320 skakel.

  • Sien meer foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button