Skaak gaan steeds van krag tot krag
'n Ongelooflike 203 deelnemers het hul breinkrag gebruik om mekaar in onderskeie ouderdomsgroepe te klop.

Die skaakseisoen het met die Eerste Ope Ouderdomsgroep Skaaktoernooi in Sabie op 7 Maart afgeskop. ‘n Ongelooflike 203 deelnemers het hul breinkrag gebruik om mekaar in onderskeie ouderdomsgroepe te klop.
Die o/10’s het 34 inskrywings gehad. Die o/12’s, 54, o/14’s, 61, o/16’s, 24 en die seniors het 34 inskrywings gehad.
“Duidelik kan ons sien dat skaak besig is om te groei. Ons visie vir die Ehlanzeni Skaakunie is om die kinders tot hul volle potensiaal te ontwikkel en met die nodige blootstelling en afrigting te verbeter. Ons nooi elke kind uit om aan die volgende Curro Ope Ouderdomgroep Skaaktoernooi deel te neem op 18 April,” het Lizelle Douglass, genoem.
Navrae: Besoek Ehlanzeni Skaak se webtuiste by www.ehlanzenichess.co.za
Uitslae:
0/10
Eerste plek – Deckon Nkosi
Tweede plek – Liam Pringle
Derde plek – Liam van Rooyen.
0/12
Eerste plek – Sune du Preez
Tweede plek – Michiel Eksteen
Derde plek – Lindokuhle Bhila.
0/14
Eerste plek – Banele Mhlango
Tweede plek – Simphiwe Mbuyane
Derde plek – Charles Janson
0/16
Eerste plek – Alexander Maartens
Tweede plek – Johannes Visser
Derde plek – Adolph Nkosi.
Seniors
Eerste plek – Cornelius Madonsela
Tweede plek – Dumisa Nkosi
Derde plek – Eddie Bhila.
