Local sportSport

Opgewondenheid heers op die rugbyveld

Van vroeg Saterdagoggend af het daar groot opgewondenheid by Coronation Park geheers toe kinders van sewe laerskole in die Laeveld bymekaargekom het vir Barberton Junior Rugby Klub se jaarlikse vriendskaplike rugbydag.

Afgesien van die tuisspanne van Barberton Laerskool en die Barberton Junior Rugbyklub was die besoekende skole Badplaas, Numbi, Komatipoort Akademie, St Peter’s en Nelspruit Primary.

Reg van die begin af het die jong spelers gewys dat hulle alreeds weet waaroor alles gaan as dit by die spel kom en het hulle op die veld uitgedraf soos wafferse menere.

Dit was duidelik dat die die meeste toeskouers elke oomblik geniet het. Ongelukkig het ‘n handjievol ondersteuners hulleself so verloor dat mens kwalik kon glo dat hierdie ‘n vriendskaplike rugbydag was en dat dit maar jong kinders was wat deelgeneem het.

Elke speler wat Saterdag op die veld gedraf het, kan met reg trots wees op homself, ongeag of hulle in die stof gebyt het of nie. Barberton se junior rugbyklub kan hulself ook gerus op die skouer klop met puik organisasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button