Local sportSport

Steval Pumas skud hul vere reg voor Vodacomkragmeting

Net drie spelers - Rudi Mathee, Ruwellyn Isbell en die reserwe-skrumskakel, Oupa Herbst sal Saterdag in Secunda dieselfde truie dra wanneer die Steval Pumas met die Assupol Limpopo Blou Bulle kragte meet.

Die losskakel JC Roos sal in sy 50ste wedstryd op die veld draf. Hy het in die afgelope wedstryd teen die Namibiese Welwitchias sy 500-tal vir die Laevelders behaal en staan tans op 517 punte.

Lambert Groenewald neem die kapteinskap by Eduan van der Walt oor, wat ‘n ruskans gegun is. Marnus Schoeman begin op oopkantflank en JW Bell sal op heelagter uitdraf. Indien Dewald Pretorius nie fiks verklaar word nie, sal Hennie Skorbinksi wat nog nie juis sy stempel afgedruk het vandat hy by die Pumas is nie, op binnesenter begin.

Pumas teen Limpopo Blou Bulle:
JW Bell, Ruwellyn Isbell, Hennie Skorbinski, Dewald Pretorius, Bernado Botha, JC Roos, Snake Nyoka, Lambert Groenewald (kaptein), Uzair Cassiem, Marnus Schoeman, Frikkie Spies, Rudi Mathee, Kwezi Mona, Swys du Toit, Sabelo Nhlapo. Plaasvervangersbank: Simon Westraadt, DeJay Terblanche, Marius Coetzer, Jaco Bouwer, Oupa Herbst, Justin van Staden en Wilmaure Louw.

Afskop: 16:00
Skeidsregter: Archie Sehlako.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button