Local sportSport

Kunsgrasveld word behoorlik ingewy

Die hoof van Curro Skool, mnr. Andrew Collie het Vrydag die skool se splinternuwe kunsgrasveld geopen en die o/11-seunshokkiespan het die eerste bal aan die rol gesit.

Hulle is die tweede skool in die Laeveld en die derde in die provinsie wat so ‘n veld gekry het.

Curro Nelspruit het reeds in Augustus met die vier maand lange projek begin. Met die aanbreek van 2015 se hokkieseisoen, sal die wedstryde nie meer op gras gespeel word nie, maar op dié sandgeboude kunsveld.

Dit was gedurende die skool se streekswintersportfeesdag waar Secunda, Bankenveld, Helderwyk, Heuwelkruin, Meridian Karino en Serengeti deelgeneem het.

Altesaam 36 hokkie-, 50 rugby en 40 netbalwedstryde is gedurende die naweek gespeel.

Daar was geen tellings geneem nie aangesien dit ‘n vriendskaplike sport-byeenkoms was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button