Nellies maak stem dik in Tuksreeks
Die eerste rugbyspan van Hoërskool Nelspruit (NHS) het in hul tweede wedstryd van die Tuksreeks, Hoërskool Pietersburg (PHS) met 30-21 laat les opsê.

Die wintersportspanne van NHS het Saterdag op eie bodem teen Pietersburg te staan gekom. Hulle het agt uit die nege kragmetings gewen waar net die tweede span in ‘n naelbytstryd met 15-12 verloor het.
Die eerste dogters- en seunshokkie-spanne het ook net-net vasgeval en met 2-1 verloor. PHS se netbalspanne was gedugte teëstanders en die Nellies kon daarin slaag om in sewe van die 11 wedstryde as oorwinnaars uit die stryd te tree.
Volledige uitslae
Rugby
• Eerstes: NHS 30, PHS 21
• Tweedes: NHS 12, PHS 15
• Derdes: NHS 31, PHS 5
• O/16 A: NHS 15, PHS 12
• O/16 B: NHS 20, PHS 12
• O/15 A: NHS 30, PHS 10
• O/15 B: NHS 34, PHS 7
• O/14 A: NHS 27, PHS 22
• O/14 B: NHS 10, PHS 5.
Netbal
• Eerstes: NHS 24, PHS 29
• Tweedes: NHS 29, PHS 22
• O/17 A: NHS 13, PHS 16
• O/17 B: NHS 18, PHS 11
• O/16 A: NHS 16, PHS 25
• O/16 B: NHS 17, PHS 15
• O/15 A: NHS 12, PHS 8
• O/15 B: NHS 10, PHS 15
• O/14 A: NHS 34, PHS 9.
Hokkiedogters
• Eerstes: NHS 1, PHS 2
• Tweedes: NHS 0, PHS 1
• O/16 A: NHS 0, PHS 1
• O/16 B: NHS 1, PHS 2
• O/15 A: NHS 0, PHS 2
• O/15 B: NHS 3, PHS 0
• O/14 A: NHS 1, PHS 3
• O/14 B: NHS 5, PHS 1.
Hokkieseuns
• Eerstes: NHS 1, PHS 2
• Tweedes: NHS 2, PHS 0
• O/16 A: NHS 4, PHS 1
• O/16 B: NHS 7, PHS 1
• O/14 A: NHS 2, PHS 0.
