Vlammies se skuts op teiken na glorie
Die skut van Hoërskool Bergvlam, Tsepang Raditsela, het in die vrystaande-kategorie vir o/21's by die onlangse Prysskiet 2 as wenner uit die stryd getree. Hy het 635 uit 800 punte aangeteken.

Stephanie van der Merwe (o/16) het in die veerkategorie ‘n algehele tweede plek uit 18 skuts behaal. Sy het 1 056 uit 1 600 punte losgeskiet.
Angela Nkosi, ook in die veerafdeling, het ‘n brons met 1 026 punte gekry. Keke Makubela het vir o/15’s met sy pistool ook ‘n derde plek met 657 uit 800 punte gekry.
Die volgende skuts het ook puik presteer:
Sporter o/21 (42 skuts) uit 1 600
Tiende – Timothy Smede – 1 330
20ste – Janika Viljoen – 1 276
21ste – Jonothan Kleynhans
Sporter o/16 (58 skuts) uit 1 600
Agtste – Leoné Pretorius – 1 266
19de – Zane Weideman – 1 177
35ste – Petri Visagie – 1 056
Sporter o/14 (40 skuts) uit 1 600
Sesde – Stephan Roodt – 1 041
11de – Marcel Combrink – 951
20ste – Steven Snyman – 822
Veer (18 skuts) uit 1 600
Tweede – Stephanie van der Merwe (o/16) – 1056
Derde – Angela Nkosi (o/21) – 1 026
Vierde – Mbali Sifundo (o/16) – 874
Pistole (18 skuts) uit 800
Derde – Keke Makubela – 657
Sesde – Darno le Roux – 641
Vrystaande (o/21)
Eerste – Tsepang Raditsela – 635
Vyfde – Sean Cushway – 497.
