Local sportSport
Kannetjies wys hul kan
Die Squeeza Rugbyweek wat die afgelope week deur Laerskool Nelspruit aangebied is, het 'n skatkis van ryke ervarings, strawwe kompetisie en kosbare vriendskappe opgelewer.

Laerskole Laeveld, Goedehoop, Bergland, Wonderboom en Witrivier se o/9- en o/10-spanne het mekaar die stryd aangesê. Alhoewel dit ‘n vriendskaplike week was, was die gasheerskool se o/9’s onoorwonne. Die kannetjies het in die eindstryd teen Goedehoop met 32-0 geseëvier.
Die o/10’s van Wonderboom, Pretoria het teen dié van Goedehoop, Secunda te staan gekom en dit was ‘n naelbytstryd. Die eindtelling was 12-12 gelykop.
Die betrokke spanne het die week benut om aan die laaste kombinasies te skaaf voordat die rugbyliga na afloop van die vakansie volstoom begin.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
