Insameling vir akademie goed op dreef
'n Onlangse fondsinsameling by Mountain Spring Spur deur die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het hul doelwit van R22 000 aansienlik meer haalbaar laat lyk.
‘n Onlangse fondsinsameling by Mountain Spring Spur deur die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het hul doelwit van R22 000 aansienlik meer haalbaar laat lyk.
Tydens dié jaarlikse byeenkoms word fondse ter verbetering van die akademie se fasiliteite ingesamel. Die hoofdoel is om die apparate op nasionale vlak te bring.
“Ons is verbaas oor die hoeveelheid fondse wat ingesamel is by die laaste byeenkoms, en terselfdetyd baie dankbaar,” sê Maré Putter, hoofafrigter by NGA. “Ons waardeer elkeen wat ‘n opoffering gemaak het om ons te kom ondersteun om soveel nader aan ons doelwit te kom,” sê Putter. Die akademie het reeds R11 000 ingesamel waarvan alles tydens hierdie byeenkoms gegenereer is. “Die volgende Spur-aand is in September en ons hoop dat nog besighede sal inkoop op die idee,” sê Putter. Dit is altyd ‘n uitstekende geleentheid vir kinders en ouers om mekaar beter te leer ken.
Putter nooi almal uit om van die volgende geleentheid gebruik te maak om ‘n bydra tot die akademie se ontwikkeling te lewer.
Lees meer stories oor Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA)
