Groot 5-toernooi lok talle plaaslike spelers
Terwyl die meeste mense die afgelope naweek aan paaseiersoektogte deelgeneem het, het gholfspelers hul stokke by die Groot 5 Paastoernooi geswaai.

Jony Galnville en Mike Field het op dag vier die hoogste telling van 47 in die bestebal-Stableford aangeteken. Daarmee het hulle die beste oor die vyf dae gevaar. Derrick Short en Brian Hogg was kort op hul hakke met 46.
Dié toernooi het vanjaar vir die 28ste keer plaasgevind en 670 rondes gholf is gespeel.
Brandon en Andrew Stainthorp, Marie Oosterhuizen en Herman Griesel het die vierbalformaat van die laaste dag met ‘n telling van 93 gewen.
Die vroue se spel was op die eerste dag aan die brand. Di Thompson, Margie de Kock en Mina Verwey het elk ‘n hou onderskeidelik op die derde, vyfde en 12de naaste aan die pen geslaan.
Dag twee was vol inspanning en Solly Mmila en David Dube het met ‘n totaal van 46 gewen. André Hattingh en Johnny Denny was in die tweede plek met 44 houe en Clinton Drake en Chris Marais was net ná hulle, ook met 44.
