Local sportSport
Thriston wys sy talent in Marokko
Die 18-jarige Thriston Lawrence het die laaste ronde van die Royal Golf D'Anfa Open op 'n 65 (sewe onder baansyfer) afgesluit, wat 'n arend op die eerste dag ingesluit het.

Die eerste ronde het Woensdag in Mohammédia, Marokko begin waar 102 spelers vir $50 000 – sowat R600 000 – gespeel het.
Lawrence het net-net ‘n plek onder die topspelers gemis en vierde geëindig. Op die eerste dag het hy ‘n arend op die sewende putjie aangeteken. Na vier brouhoue op die derde, agtste, 13de en 17de, moes hy met ‘n 72 tevrede wees. In die volgende ronde het hy vyf voëltjies aangeteken, waar hy ‘n een onder baansyfer, 71 gespeel het.
Dit was met die laaste dag waar Lawrence agt voëltjies met sy sethoue geslaan het. Lawrence klim in Mei op die vliegtuig na Denemarke waar hy aan ‘n paar toernooie gaan deelneem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
