Local sportSport

Veteraan maai onder die medaljes

Met nog nie een grys haar op haar kop nie, het die 59-jarige Lee du Plessis vier goue medaljes by die Gauteng Noord-atletiekbyeenkoms in die meesterskategorie verower.

Sy het gedurende dié byeenkoms by Pilditch in Pretoria vir die Wêreld-atletiekkampioenskappe vir die Meesters wat later vanjaar in Lyon, Frankryk plaasvind, gekwalifiseer.

Dié onderwyser wat kuns en Afrikaans onderrig van Komatipoort Akademie het eerste plekke in die 100-meter-, spiesgooi-, verspring- en hoogspringitems behaal. “Ek het 12 jaar onder KwaZulu-Natal (KZN) Atletiek deelgeneem en het eers onlangs na dié pragtige dorpie verhuis.

Mpumalanga het nie atletiek vir meesters nie en dit het my gedwing om by Gauteng aan te sluit. Na afloop van die byeenkoms het ek my KZN-kleure verower. Dit was baie spesiaal,” vertel Du Plessis.

Die onderwyser was nie ‘n uitblinker in sport op skoolvlak nie en het eers 27 jaar terug begin litte losmaak.

Vir die eerste vyf jaar het sy net aan marathons deelgeneem en toe raai iemand haar aan om die ander kant van atletiek ook te probeer.

“Jy is nooit te oud om iets nuuts aan te pak nie. Die leerders en personeel van Komati het my gemotiveer om weer te begin. Dit móét jy neerskryf.”

In 2012 het sy aan die Afrika Kampioenskappe deelgeneem waar agt lande jaarliks betrokke is. Dit was haar laaste “groot” byeenkoms. “Ek het daarna opgehou, maar toe ek by die skool begin en saam met die atlete oefen, toe het ek weer die lus gekry om aan die gang te kom.”

Die 21ste wêreldbyeenkoms vind op die Balmont Stadion in Lyon plaas. Du Plessis is baie gemotiveerd om kliphard vir hierdie geleentheid voor te berei.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button