Local sportSport

Malelane trek swaar teen Nelspruit

Nelspruit het geheel en al die oorhand geneem en die besoekers verhoed om enige punte aan te teken.

Twee groot mededingers, rugbyklubs Nelspruit en Malelane, het Saterdag in ‘n voorwedstryd vir die Steval Pumas en die Xerox Lions mekaar Mbombela Stadium, die stryd aangesê.

In die eerste helfte van dié Laeveld-klubligawedstryd het dit nog heel belowend vir Malelane gelyk met ‘n agterstand van slegs 14 punte teen rustyd, maar toe die spanne die tweede helfte op die veld draf, het dit drasties verander. Nelspruit het geheel en al die oorhand geneem en die besoekers verhoed om enige punte aan te teken.
Die tuisspan het na byna elke afskop met ‘n hewige aanval begin wat die besoekers nie kon stuit nie. Hulle wen dan hierdie wedstryd oortuigend met 64-12.
Nelspruit se klubvoorsitter, Herklaas du Preez skryf dit toe aan ‘n tekort aan ervaring onder die manne van die Onderberg.
“Hulle jong agterlyn was nie opgewasse teen ons s’n nie, maar hulle het steeds baie goed gevaar. Ons fiksheid het ons beslis die oorhand gegee in die tweede helfte, maar dit het nogtans baie aandag nodig,” sê hy.
Afrigter Theuns van Niekerk sê dat sy span uitstekende karakter gewys het en dat elke individu sy deel bygedra het. Dit is die tweede ligawedstryd waarin Nelspruit se teëstanders hulle moses teëkom. Lydenburg het ook onlangs ‘n nederlaag van 66 teenoor 26 gelei. Nelspruit is dus sover onoorwonne en lê ook tans bo aan die punteleer, gevolg deur hulle grootste kompetisie, Witrivier. Du Preez sê dat hierdie liga beloof om baie interessant te raak.

Kyk na die foto’s van die wedstryd hier

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button