Local sportSport

NHS-atlete presteer op nasionale vlak

Altesaam 20 atlete van Hoërskool Nelspruit het die provinsie die vakansie by die SA-skolekampioenskappe verteenwoordig.

Dit het in Rustenburg plaasgevind.

Stefan Smit het met ‘n skitterende gooi van 63,17 meter ‘n silwermedalje in die spiesgooi (o/15) verower. Joshua Maas het die bronsmedalje verower met sy gooi van 61,07 meter.

Die hekkiesatleet, Hannes Aukamp (o/19), kan ook tevrede voel met sy tyd in die 110- meterhekkies van 14,37 sekondes wat vir hom ‘n derdeplek verseker het. Met groot vasberadenheid het Gronighan Grobler ‘n bronsmedalje ontvang as lid van die seuns o/19 4×400-meter-aflosspan.

Smit is tydens die Atletiek Suid-Afrika- kampioenskappe in Bloemfontein as Suid-Afrika se spiesgooikampioen gekroon. Hy het sy goue medalje met ‘n reuse-gooi van 63,80 meter verower. Hy moes tussen die spiesgooi en skyfwerp, wat ‘n halfuur uit mekaar geskeduleer was, beweeg en het in albei items sy persoonlike beste gelewer. Stefan het ‘n gooi van 59,51 meter vir hom die bronsmedalje in skyfwerp verseker.

Joshua het eweneens puik presteer en ‘n bronsmedalje verower in die spiesgooi. Gronighan het in die Rosestad Mpumalanga se naam hoog gehou en ‘n silwermedalje gewen. Hy het ook ‘n sesde plek in die 800 meter (o/19) behaal. Nóg ‘n atleet, Tertius Mentz (o/15), het ‘n Nellie-rekord verbeter en die 800 meter in 1:57,57 gehardloop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button