Local sportSport

Nellies is op die wenpad in Tuks-reeks

Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek op Hoërskool Pietersburg se tuisvelde in die kwarteindronde van die Tuks-reeks hul teëstanders 'n groot les geleer.

Die Nellies het hul man gestaan en nege uit 16 spanne oorwinnings behaal.

Sewe spanne sal ook vir die eerste vier posisies van dié reekskompetisie meeding.

Die Rhinos het hul stemme dik gemaak en drie uit die vier spanne het koning gekraai. Die Rhinos XV, wat tans in die vierde plek op die skole top-20-ranglys pryk, het ‘n oortuigende oorwinning van 31-21 oor Kemptonpark behaal.

Ander rugby-uitslae:
• O/16 12-9 vs Kemptonpark
• O/15A 18-0 vs Kemptonpark
• O/14A 3-23 vs Garsfontein.

Die eerste netbalspan het 34-16 met Hoërskool Ermelo afgereken en die o/17A’s en o/14A’s het ook oorwinnings van 38-6 en 29-7 oor onderskeidelik Ermelo en Marais Viljoen aangeteken.

Ander netbal-uitslae:
• O/16A 13-26 vs Kemptonpark
• O/15A 10-22 vs Garsfontein.

Die Nellies se seunshokkiespanne het puik vertonings gelewer en al drie spanne het lag-lag met Hoërskool Ermelo afgereken.
• Eerstes 2-1 vs Ermelo
• O/16A 7-0 vs Ermelo
• O/14A 9-0 vs Ermelo.

Ten spyte van goeie spel het die dogtershokkiespanne in al vier hul kragmetings net-net vasgeval.
• Eerstes 1-2 vs Ermelo
• O/16A 0-1 vs Garsfontein
• O/15A 0-1 vs Ermelo
• O/14A 0-1 vs Ermelo.

Hoërskool Nelspruit se junior en senior tennisspan het in die groepwedstryde Pietersburg die loef afgesteek. Die senior span het kragte saamgespan en Pietersburg 13-3 geklop, terwyl die junior span 11-5 met hulle afgereken het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button