Local sportSport

Nelspruit se eerstes kry rugbyles by Pumas

Nelspruit het egter deeglik besef dat die Pumas 'n kat van 'n ander kleur is toe hulle met 69-0 die knie moes buig.

Nelspruit Rugbyklub se eerste span het die geleentheid gekry om hul spelpeil teen professionele rugbyspelers te toets toe hulle teen die Steval Pumas se Renegades in ‘n vertoonwedstryd te staan gekom het.

Nelspruit het egter deeglik besef dat die Pumas ‘n kat van ‘n ander kleur is toe hulle met 69-0 die knie moes buig.

Hierdie wedstryd was verlede Vrydag ‘n lusmaker vir die Vodacombekerwedstryd tussen die Steval Pumas en Hino Valke later die aand.

Die Renegade-span het hoofsaaklik uit spelers bestaan wat nie onder die 22 openingspelers van die Pumas se Vodacombekerwedstryd teen die Hino Valke opgedraf het nie.

Eduan van der Walt, Drew van Coller en Hennie Skorbinski was maar net ‘n paar van die groot name wat die stryd teen die plaaslike klubspan aangesê het.

Nelspruit se eerste rugbyklub het teen die meer ervare spelers gesukkel en kon nie daarin slaag om ‘n enkele punt aan te

teken nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button