Local sportSport

Laeveld veg moedig terug teen die gedugte Pumas

Laeveld se verdediging het telkens hul opponente onkant gevang. Die Pumas het op hul beurt nie te gelukkig gelyk in die skrums nie, en het hier en daar 'n skrum laat val.

Die Steval Pumas het die Pumas Laeveldspan ore aangesit tydens hul oefenwedstryd Donderdagaand onder Nelspruit Rugbyklub se spreiligte. Die professionele span het uiteindelik met 57-10 gewen, maar veral die eerste helfte van die wedstryd was glad nie so eensydig soos die finale puntetelling aandui nie.

Net die Pumas het werklik die bal gehad in die eerste 10 minute, maar Laeveld het sterk teruggeveg deur aan te val en balbesit te behou. Hulle was eerste op die telbord met ‘n geslaagde strafskop van Tiaan Marx.

Die Pumas se Stefan Watermeyer het kort daarna ‘n drie aangeteken. Dis opgevolg deur nog twee van Lambert Groenewald en Marnus Schoeman. JC Roos was suksesvol met twee verdoelskoppe vir die Pumas om teen rustyd met 19-3 voor te loop.

Die span kon veral in die skrums goed met die Pumas meeding. Beide spanne kon ook daarin slaag om meestal hul eie lynstane te wen, ‘n belangrike aspek om balbesit te behou.

Laeveld se verdediging het telkens hul opponente onkant gevang. Die Pumas het op hul beurt nie te gelukkig gelyk in die skrums nie, en het hier en daar ‘n skrum laat val.

Vroeg in die tweede helfte kon die Pumas se Roos en Schoeman vinnig na mekaar drieë aanteken. Roos het met sy doelskop geslaag en Heinrich Steyl het Schoeman se tweede verdoel.

Marcello Sampson, Dewald Pretorius, Brian Shabangu en JW Bell het vir die Steval Pumas oor die lyn geduik. Die Laeveld se Marx het op sy beurt ook weer ‘n drie gedruk en verdoel, maar hulle kon nie die agterstand inhaal nie.

“Die wedstryd was veeldoelig in die sin dat die professionele span van die unie nodige speelkans gegun is voor die Vodacombeker se uitspeelwedstryde,” sê Hennie Homann, die Pumas se mediabeampte.

“Die Laeveldspan kon speelkans kry voor die nasionale amateurweek wat in September in die Laeveld aangebied gaan word.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button