Nellies swaai die septer tuis teen hulle opponente
Hoërskool Nelspruit se sportspanne is honger vir sukses en het Saterdag skoonskip gemaak in sy eerste Mpumalanga- ligawedstryde teen HTS Witbank.

Nellies het die besoekers laat les opsê en uit die 18 wedstryde wat op dié dag gespeel is, het hulle slegs een wedstryd verloor.
Die tuisspan het op die netbalbaan geheers en in al 19 die vriendskaplike wedstryde teen HTS Witbank en Hoërskool Lydenburg geseëvier.
Die eerste span het hul albei wedstryde oortuigend met tellings van onderskeidelik 36-13 en 32-8 gewen.
In die kragmeting tussen die eerste rugbyspanne het die besoekers heelwat tempo verloor en die Rhinos XV het die kragmeting met 48-10 gedomineer. Die eerste dogtershokkiespan het 1-0 met Witbank afgereken. Twee wedstryde is gelykop gespeel, terwyl die Nellies al die ander wedstryde ingepalm het.
Volledige uitslae is soos volg:
Hokkie-dogters
• Eerste span: NHS 1 – Witbank 0
• Tweede span: NHS 0 – Witbank 0
• O/16 A: NHS 3 – Witbank 0
• O/16 B: NHS 8 – Witbank 0
• O/15 A: NHS 1 – Witbank 1
• O/15 B: NHS 2 – Witbank 0
• O/14 A: NHS 1 – Witbank 0
• O/14 B: NHS 1 – Witbank 0.
Netbal
• Eerste span: NHS 36-Witbank 13
• Tweede span: NHS 27-Witbank 9
• O/17 A: NHS 45 – Witbank 2
• O/17 B: NHS 34 – Witbank 1
• O/16 A: NHS 20 – Witbank 13
• O/16 B: NHS 29 – Witbank 13
• O/15 A: NHS 22 – Witbank 7
• O/15 B: NHS 20 – Witbank 6
• O/14 A: NHS 33 – Witbank 8
• O/14 B: NHS 35 – Witbank 9.
Rugby
• Eerste span: NHS 48-Witbank 10
• Tweede span: NHS 56-Witbank 0
• Derdes: NHS 94 – Witbank 0
• Vierdes: NHS 52 – Witbank 0
• O/16 A: NHS 26 – Witbank 8
• O/16 B: NHS 7 – Witbank 10
• O/15 A: NHS 36 – Witbank 8
• O/15 B: NHS 41-Witbank 5
• O/14 A: NHS 56-Witbank 0
• O/14 B: NHS 54-Witbank 0.
