Local sportSport

Pistoolklublede kraai koning by provinsiale byeenkoms

Verskeie lede van die Witrivier Pistoolklub het tydens ‘n provinsiale ligabyeenkoms op 9 Mei met kolskote die louere voor hul teenstanders weggeraap.

Klubs van Ermelo, Piet Retief, Secunda, Ngodwana, asook besoekers van Phalaborwa, het aan die kompetisie deelgeneem.

Daar was 51 skuts wat elk ‘n gemiddeld van 140 skote op die ses verskillende bane geskiet het.

In praktiese pistoolskiet moet daar so vinnig as moontlik geskiet word, maar ook akkuraat.

‘n Minimum van twee skote moet op elke teiken geskiet word. Vir elke misskoot, asook dié op ‘n geiselaarteiken, word daar 10 strafpunte teen die skut aangeteken.

Die Witrivier-klub se lede het in die ope-, standaard- en produksieafdelings verskeie wenposisies behaal. Die volgende provinsiale ligabyeenkoms vind weer op 11 Julie in Witrivier plaas.

Twee van dié klub se skuts het ook onlangs in die outomatiese geweerafdeling Protea-kleure verwerf. Dirk Becker en Ronny Gower gaan Suid-Afrika in Hongarye by die wêreldkampioenskappe verteenwoordig.

Belangstellendes kan Gideon Botha by 076-753-5003 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button