Local sportSport

Nellie se spelers gee pas aan op die veld

Hoërskool Nelspruit se hokkiespelers was die afgelope naweek vuur en vlam teen hul gedugte teëstanders,

HTS Middelburg. Dit was die tweedeligaronde van die seisoen en dit is in Middelburg gespeel.

Die eerste dogtershokkiespan het 3-1 gewen en NHS het agt uit die sewe hokkiewedstryde gewen.

Die eerste netbalspan het twee strawwe wedstryde gespeel en in die wedstryd teen HTS die spit met 19-32 afgebyt. Die dogters het egter skitterende veggees getoon en 32-25 teen Hoërskool Ben Vorster geseëvier.

In die kragmeting tussen die eerste rugbyspanne het NHS se Rhinos XV se tempo deurgaans belofte getoon, maar dié span is egter naelskraap met 33-35 geklop.

NHS se seunshokkiespanne het hul wedstryde met selfvertroue aangepak en 10 uit 11 wedstryde is deur dié skool ingepalm. Al drie die seunshokkiespanne is deur na die Mpumalanga-halfeindstryd – die spanne is: eerste span, o/16- en o/14 A.

Hokkie, dogters
Eerstes: NHS 3 HTS 1
Tweedes: NHS 1 HTS 0
O/16 A: NHS 0 HTS 1
O/16 B: NHS 6 HTS 1
O15 A: NHS 3 HTS 0
O/15 B: NHS 4 HTS 0
O/14 A: NHS 1 HTS 0
O/14 B: NHS 5 HTS 0.

Netbal
Eerstes: NHS 19 HTS 32
Tweedes: NHS 18 HTS 35
O/17 A: NHS 11 HTS 17
O/17 B: NHS 6 HTS 18
O/16 A: NHS 12 HTS 21
O/16 B: NHS 35 HTS 11
O/15 A (rooi): NHS 10 HTS 32
O/15 A (blou): NHS 19 HTS 23
O/15 B: NHS 27 HTS 7
O/14 A: NHS 25 HTS 16
O/14 B: NHS 24 HTS 13.

Rugby
Eerstes: NHS 33 HTS 35
Tweedes: NHS 24 HTS 20
Derdes: NHS 10 HTS 14
Vierdes: NHS 0 HTS 12
O/16 A: NHS 9 HTS 30
O/16 B: NHS 10 HTS 29
O15 A: NHS 24 HTS 3
O/15 B: NHS 20 HTS 22
O/14 A: NHS 19 HTS 21
O/14 B: NHS 0 HTS 45
O/14 C: NHS 31 HTS 0.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button