Gimnaste is gereed vir groot uitdaging
Die gimnaste moet eers by die Mpumalanga-kampioenskappe vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe kwalifiseer.

Die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het Vrydag hul laaste kompetisie ter voorbereiding van die naweek se Mpumalanga-proewe gehad.
“Ons as afrigters is so trots na die afgelope Vrydag se kompetisie.
“Die gimnaste het deurgaans die jaar baie hard gewerk om puik prestasies te kan lewer.
“Ons is baie opgewonde dat vanjaar se proewe hier by ons plaasvind.
“Ons kan ook met trots sê dat al die NGA-gimnaste die naweek in aksie gaan wees,” het die afrigter van NGA, Maré Putter gesê.
Die gimnaste van vlak 1 tot 3 wat die naweek die nodige gemiddeld bereik, kwalifiseer om later die maand in Ermelo deel te neem waar die finale Mpumalanga-span vir die Noord-Zone gekies gaan word.
Dié proewe vind op 14 en 15 Augustus plaas.
Die naweek is slegs ‘n verpligte kompetisie vir gimnaste vanaf vlak 4 tot 6.
Die gimnaste moet eers by die Mpumalanga-kampioenskappe vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe kwalifiseer.
Die seuns van vlak 1 tot 3 af is eerste aan die beurt gevolg deur vlak 4 tot 6.
Die dogters van 1 tot 6 neem Saterdag tussen 07:30 en 19:00 deel.
