Local sportSport
Twee Nellies in SA Skolespan
Twee rugbyspelers van die Laeveld draf volgende week in ‘n o/18-internasionale-reeks teen Engeland, Frankryk, Wallis en Italië uit.

Twee rugbyspelers van Hoërskool Nelspruit, Dewald Maritz en Marnus van der Merwe, is in die SA Skole en SA Skole A-span onderskeidelik ingesluit.

Die manne het die afgelope vakansie aan die o/18 Coca-Cola Cravenweek in Stellenbosch deelgeneem waar hul talent nie ongesiens verbygegaan het nie.
Dewald is nou eers in gr.11 en kan moontlik weer volgende jaar die span haal. Marnus, aan die ander kant, hoop om binnekort in Frankryk rugby te speel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
