Skopboks groei met rasse skrede
Die jaarlikse Jock of the Bushveld-skopbokstoernooi wat in die Laeveld gehou word, het vanjaar uit sy nate gebars.

Saterdag se toernooi het in die Shonolanga-saal by die Weermagbasis plaasgevind. Klubs van sover as Pretoria en Randfontein het hier hul staal kom wys.
Wolves Martial Arts, wat ander style as die van skopboks beoefen, het ook aan die toernooi deelgeneem. ‘n Nuwe element, ‘n fight night het die aand in die saal plaasgevind. “Dit was ‘n groot sukses. Volgende jaar beloof om nog groter te wees. Ons beoog om in 2016 ook cage fighting in te bring,” het die afrigter van die Lowveld Fight Club (LFC), Brandt Ehlers genoem.
Ruan Jordaan van die LFC het die eerste geveg van die aand na ‘n eenstemmige besluit gewen. Uit die 14 gevegte, het LFC vyf in die sak gesteek.
Enige klubs wat betrokke wil raak by die Lowveld Fight Club kan die president van Mpumalanga Skopboks by
083-415-5032 skakel.
Uitslae
1. Ruan Jordaan (Lowveld Fight Club) – eenstemmige besluit
2. Willie van Rooyen (Titans Pretoria) – tegniese uitklophou
3. Reghardt Ungerer (Lowveld Fight Club) – tegniese uitklophou
4. JG Pansegrouw (Lowveld Fight Club) – puntebeslissing
5. JP Engelbrecht (Titans Pretoria) – eenstemmige besluit
6. Niko White (F L Fight Club Pretoria) – eenstemmige besluit
7. Keanen Cavanagh (ASK Pretoria) – puntebeslissing
8. Jeanine de Jong (ASK Pretoria) – tegniese uitklophou
9. SD Heijns (ASK Pretoria) – tegniese uitklophou
10. Zander Geyer (Lowveld Fight Club) – tegniese uitklophou
11. Keagen Rowe (ASK Pretoria) – puntebeslissing
12. Colette Dreyer (Lowveld Fight Club) – eenstemmige besluit
13. Luke du Plessis (ASK Pretoria) – tegniese uitklophou
14. Ruan Erasmus (Mile High Randfontein) – tegniese uitklophou.
Foto’s: Toernooi bars uit sy nate uit
