Local sportSport

Span deur na halfeind na ‘n puik vertoning

Komatipoort Akademie se o/15-rugbyspan het Saterdag behoorlik met Balfour geploeg.

Die span het uitstekend op hul tuisveld gespeel en daar was net geen keer aan hulle nie. Balfour het hulle bes probeer, maar kon helaas nie daarin slaag om ‘n enkele punt in die wedstryd aan te teken nie. Hulle het wel die geleentheid gehad om met ‘n strafskop punte te verdien, maar het ongelukkig nie daarin geslaag nie. Wessel Luies (11) het in die eerste sewe minute ‘n drie gedruk en dit ook verdoel.

Franco Stander (10) het nog vyf punte aangeteken wat nie verdoel is nie. Komati het egter hiervoor opgemaak en Joubert Willers het ‘n drie aangeteken en dit sommer verdoel ook. Dit het die rustydtelling op 19-0 te staan gebring. Coenie Labuschagne het gesorg vir die eerste drie in die tweede helfte. Labuschagne, Willers en Stander het elk nog ‘n drie agter die doellyn gaan plant, waarvan slegs twee verdoel is, een deur Thristin Smit (9) en die ander deur Manelisi Mogiba.

Die eindtelling het ‘n wegholoorwinning van 43-0 vir die tuisspan besorg.

Die afrigter, mnr. Johan Willers was baie tevrede met sy span en was duidelik baie trots. Die skoolhoof, mnr. Ormond Lombard was soos altyd langs die veld, gereed om sy “seuns” aan te moedig. Die span skop Saterdag 15 Augustus weer om 11:00 af, hierdie keer teen Heilbron in die die semi-finaal op hul tuisveld en het die dorp se ondersteuning nodig. Almal word genooi om hierdie groot gebeurtenis in hierdie kinders se lewens by te woon. Daar word hard geoefen en die kans dat Komati vanjaar weer die finaal kan haal, lyk baie goed.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button