Seuns lewer ‘n goeie vertoning voor paaltjies
Die Nellies Crown National-eerstekrieketspan het die afgelope seisoen weer bewys waarom hulle as een van die Laeveld se bestes gereken word.

Die manne het onlangs Uplands Preparatory met 58 lopies geklop. Uplands kon slegs 116 lopies in hul 30 beurte aanteken.
Rueben Herbst, wat ook as die man van die wedstryd aangewys is, het 62 lopies, nie uit nie, gemoker.
Die o/12’s het ook puik teen Uplands gevaar en hulle vir net 72 lopies uitgehaal. Nellies het met nege lopies gewen. Die Laevelders het reeds die span van Witrivier in die 17de beurt verbygegaan met nege lopies staande.
Die beste kolwer was Ruben Kruger met 36 lopies nie uit nie en die beste bouler was Quinn van Zyl wat vyf paaltjies vir 11 lopies in vyf boulbeurte kafgedraf het.
Nog uitslae
• Nellies o/10A wen Uplands o/10A met 78 lopies
• Nellies o/11A verloor met agt paaltjies teen Uplands
• Nellies o/11B wen teen Barberton o/11A met een lopie
• Nellies o/12B verloor teen Barberton o/12A met agt paaltjies.
