Local sportSport

Kannetjies ken die ‘stoeiloop’

"As jy weet wat die stoeiloop is en jy weet waar sy rug moet rus, vat sy hand en kop vas geleidelik. Die stoeiloop word nou mooi verduidelik..."

Met hierdie kreet deur die Nelspruit Stoeiklub het hulle nie net 26 goue medaljes by die Mpumalanga Stoeivereniging-streekproewe losgeslaan nie, maar ook die geesbeker gewen.

Die jaarlikse toernooi het Saterdag in die Oewersigsaal plaasgevind met meer as 70 atlete van regoor die streek wat die Laeveld toegesak het.

Hennie Lourens, Jean-Michael Dellasus, Stian Schmidt, Stefan Kruger, Jean Erasmus, Triston Kleynhans, Reghardt Vermaak, Ryan Venter, Basie Mathane en Joshua Devine het na afloop van die toernooi vir die streekkampioenskappe wat Saterdag 5 September plaasvind, gekwalifiseer. Mits hulle hier goud wen, word hulle in die Mpumalanga-span opgeneem.

Faantjie Steyn, Johny en Neels Smit gaan eers in Oktober aan die proewe vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem.

Hulle sal ook goud moet verower om vir die SA’s wat in Kaapstad plaasvind, te kwalifiseer.

Faantjie het sommer vier goue medaljes verower – die meeste op die toernooi. Neels het twee goues verower en sy boetie, Johny een goud en een silwer.

“Buig jou knieë in die stoeiers- posisie, lig jou kop op vir beter visie, sit jou hande op jou knieë en brul want ons wil!”

Uitslae
O/6 tot o/15
• Stiaan Schmidt – een goud
• Jean Erasmus – een goud
• Triston Kleynhans – een goud
• Reghard Vermaak – een goud
• Ryan Venter – een goud
• Basie Mathane – een goud
• Aidan Venter – een goud
• Maritz Vermaak – een goud, een silwer
• Lourens Erasmus – twee goud
• AJ van der Lith – twee goud
• Vee-Andre Swanepoel – twee goud
• Joshua Divine – een goud
• Hennie Lourens – een brons
• Jean Micheal Dellasus – brons.

Kadette
• Johny Smit – een goud, een silwer
• Neels Smit – twee goud.

Junior
• Faantjie Steyn – vier goud
• Justin Meyer – een goud

Seniors
• Steven de Bruyn – twee goud
• Altus pieterse – een goud, een brons
• Cassie Steyn – een goud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button