Local sportSport

Bekendes doen hulle deel vir kinders op die gholfabaan

Die lughawe het besluit vir dié skool om vanjaar uit hul jaarlikse gholfdag, wat Vrydag by Matumi aangebied is, te baat.

Kranige gholfspelers én bekendes het verlede week saamgetrek om ten bate van liefdadigheid ‘n potjie te speel.

KaMagugu Inclusive School was die begunstigde van Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMIA) se jaarlikse gholfdag vir welsyn.

Dit is Vrydag by Matumi-gholflandgoed aangebied.

Piet Burger, Hendrik Badenhorst, Wouter du Toit en Morné Amos het die vierbalkompetisie gewen.

Elke speler het ‘n naweek vir twee, by enige kamp in die Nasionale Krugerwildtuin, komplimente van SANParke, gewen.

Angelo Sebastian kon die naaste aan die pen kom. Altus Theart, van Getroud met Rugby-faam, het die langste dryfhou geslaan.

Elke speler het Airlink-vliegtuigkaartjies vir twee na enige bestemming in die land gewen.

Cat Nienaber van KMIA vertel dat die eerstepryswenners egter hul pryse teruggegee het sodat dit op veiling verkoop kon word, om nog meer fondse vir die skool in te samel.

Theart was egter nie die enigste bekende wat kom saamspeel het nie. Die sanger Pieter Koen het ook sy deel gedoen ten bate van KaMagugu Inclusive.

KMIA kon daarin slaag om saam met 80 spelers ‘n totaal van R40 000 vir dié skool vir gestremde kinders in te samel. Boonop het hulle ‘n addisionele R17 000 tydens die prysuitdeling se veiling ingesamel.

Daar het Stiaan Reynierse, wat vanjaar ‘n nuwe CD, “Sonde” vrygestel het, vir die vermaak gesorg.

KaMagugu Inclusive School se hoof, Andries Scholtz het die funksie bygewoon. KMIA beplan om later vandeesweek die tjek van R57 000 aan hulle te oorhanding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button