Karatekas slaggereed vir graderings
Wolves Martial Arts Akademie het verleded naweek vir hul komende dan- en swaardgraderings voorberei.

Ter voorbereiding van klublede se komende dan-gradering het Wolves Martial Arts Akademie vanjaar ‘n naweek- oefenkamp gehou.
Met spanbou as doelwit het die 24 studente en afrigters vanaf Vrydag tot Sondag by Broham River Lapa uitgespan en geoefen.
Die klub se Awie Davis verduidelik dat hulle besluit het om vir die naweek saam te trek, sodat die studente, wat in verskillende klasse is, mekaar ook beter kon leer ken.



Dit het ook aan die afrigters die geleentheid gebied om te bepaal of die karatekas gereed is om die gradering vir hulle eerste dan, oftewel swartbelt, te slaag.
“Die wêreld is wreed genoeg,” merk David op.
“Ons voel albei sterk daaroor om studente nie op die graderingsvloer te laat gaan as ons nie redelik seker is dat hulle dit sal slaag nie. Ons sal in so ‘n geval eerder aanbeveel dat hulle later probeer.”
Vegters sal op alles getoets word, van fiksheid, tot hand- en voetposisies, katas en al die wapens – van kortstokke tot die mes – en sal aan die einde houtborde breek.
‘n Ander groep karatekas wat klaar hulle swartbelde het, het die naweek saam geoefen want hulle pak eersdaag graderings aan in swaarde, oftewel “live blade cutting”.
Grootmeester Eddie Jacobs gradeer die dan-kandidate op 28 November.
Sien die video hier:
- Kyk na nog aksiefoto’s van die oefenkamp hier.
