Local sportSport

Alles wat hardlopers moet weet vir vanjaar se Rudamans Kaapsehoop 3-in-1

Vele meer hardlopers as verlede jaar het al ingesrkyf vir Saterdag se Kaapsehoop 3-in-1 marathon.

Dit is November en daarom is dit weereens tyd vir die Rudamans Kaapsehoop 3-in-1 Marathon. Verlede jaar het ‘n totaal van 3 024 atlete dié wedloop op die pragtige Kaapsehoop-pad voltooi.

Vanjaar vind dit op Saterdag 7 November plaas. Nelspruit Marathonklub bied die geleentheid aan, wat iets vir drawwers en stappers van alle vlakke bied: Daar is ‘n 42,2km-, 21,1km- en 10km-wedloop.

Dit hou by die bekende, maar uitdagende afdraande roete, wat in die hoogtes van die mistige berg naby die ouwêreldse dorpie Kaapsehoop afskop. Van daar hardloop deelnemers al langs die skilderagtige roete met sy panoramiese uitsigte na Mbombela. Al drie wedlope eindig by Mbombela Stadion.

Dit bied atlete nie net ‘n lekker uitdaging nie, maar is ook ‘n vroeë kwalifiserende wedren vir volgende jaar se Comrades en Two Oceans-marathons. Atlete doen broodnodige ondervinding op deur teen afdraandes in warm temperature te hardloop.

Die Rudamans Kaapsehoop 3-in-1 Marathon se deelnemingsyfer styg jaarliks, en dit is tans die grootste wedloop in die Laeveld. Organiseerder Winnie Uys sê hul voorinskrywingsgetalle staan al klaar op 1 000 meer as die vorige jaar se totaal.

Daarom word daar ‘n beroep op deelnemers gedoen om by die stadion te parkeer, en met die busse wat beskikbaar is na hul onderskeie wegspringpunte te reis. Buskaartjies kos R30. Inskrywingsfooie vir die 42,2km beloop R160, R100 vir die R21,1km en R60 vir die 10km.

As jy al klaar ingeskryf het, kan jy Vrydag vanaf 10:00 tot 20:00 en Saterdag vanaf 03:00 tot 05:00 jou resiesnommer by die stadium gaan afhaal. Laatslapers kan ook nog Vrydag by die stadion en Saterdag by die verskeie beginpunte op die roete inskryf. Dit begin om 06:00. Moet dit nie misloop nie.

Navrae: Winnie Uys by 082-410-0170.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button