Local sportSport

Jong gholfster loop met R127 000 weg

Thriston Lawrence het sy eerste Midde-ooste en Noord-Afrika (Mena) -gholftoertitel verlede week verower toe hy die Ras Al Khaimag Classic met vier houe by die Tower Links Gholfklub gewen het.

Lawrence is die eerste Suid-Afrikaner wat dit reggekry het om die gesogde toernooi te wen.

Die 18-jarige het saam met die 2011 Ope-Kampioenskapwenner, Darren Clarke, beskermheer van die Mena-gholftoer, ‘n veld gedeel. “Ek sal dié wen vir altyd koester, veral omdat ek teen topspelers moes kompeteer. Darren is ‘n goeie verteenwoordiger van die sport en dit was ‘n eer om teen hom te kon speel,” het Lawrence Woensdag aan Sport360° gesê. Hy het tellings van 69, 66 en 69 aangeteken. Tyler Hogarty van Suid-Afrika, Gabriel Canizares van Spanje en Engeland se Michael Downes was ook in die veld.

Dit was sy eerste wen sedert hy verlede jaar Junie professioneel begin speel het. Hy het ‘n tjek van $9000, sowat R127 000 ontvang.

Die voormalige nommereen-gekeurde amateurspeler keer Vrydag terug Laeveld toe waar hy heel moontlik weer aan vanjaar se Alfred Dunhill Kampioenskappe wat aan die einde van November op Leopard Creek gespeel word, sal deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button