Pumas het maklike intrapslag in Curriebekerreeks
Die uitspeelronde van die nuwe Curriebekerreeks skop op 9 April af met die Steval Pumas wat 'n maklike afspraak in Mbombela teen die Valke het.

Die Luiperds het die eerste naweek ‘n loslootjie en die kompetisie is veral vir hulle, die Griekwas en die Pumas – wie vir die premierliga behoort te kwalifiseer – van allergrootste belang.
Die Laevelders het die ideale loting en begin tuis teen die Valke, gevolg deur wedstryde teen die SWD, Boland, Grens en Namibië voordat hulle die groot kanonne aandurf.
Na die wedstryd teen die Grens in Johannesburg speel die Leeus in Windhoek teen Namibië voordat die Blou Bulle ‘n draai maak in Johannesburg.
Die Bulle speel die eerste naweek in die tradisionele Noord-Suidstryd op Nuweland teen die Westelike Provinsie, terwyl OP en hul bure, die SWD, in Port Elizabeth kragte meet.
Die Griekwas begin in Kimberley teen die Griffons waarna hulle weg teen die Valke, weg teen SWD en dan tuis teen die Boland speel.
Die Griffons begin weg teen Griekwas en dan tuis teen die Luiperds voordat hulle ook ‘n loslootjie het.
Die eerste bepaling, Saterdag 9 April:
• WP teen Blou Bulle
• Vrystaat teen Namibië
• Leeus teen Grens
• Sharks teen Boland
• OP teen SWD
• Pumas teen Valke
• Griekwas teen Griffons.
Die Pumas se voorseisoen-program het die geleentheid vir nege amateurspelers gegee om hopelik die afrigters se oog vir die toekoms te vang.
Vier klubspelers, Jacques Kotze, Phule Sibiya (albei van Witrivier), Damien Jansen van Rensburg, Lloyd Malatji (albei Nelspruit), vier o/21-spelers naamlik Johan Gericke, Dylan du Buisson, Bennie Mashabane en Wian van Schalkwyk asook ‘n o/19-speler, Ian Truter, was deel van die groep, maar net Kotze en Jansen van Rensburg is gevra om langer aan te bly. ‘n Voormalige Blou Bulle o/21-speler, Leighton van Wyk, oefen ook tans saam met die span.
“Dit is nie maklik om saam met die groot honde te blaf nie en van die spelers het agtergekom dat rugby harde werk verg. Daar is drie korttermynkontrakte vir die eerste ronde van die Curriebekerreeks,” het die breier van die Pumas, MJ Mentz, gesê.
Nóg Puma-nuus:


26 Februarie afskop. Die Stormers pak die Vodacom Blou Bulle daardie Saterdag op Nuweland aan. Koch moet Augustus by die Pumas aanmeld. Sy kontrak verstryk einde Oktober.
