Local sportSport
Greeff word ook ‘n Puma
Die Pumas het die oud Griekwa Carel Greeff vir die volgende twee jaar bekom nadat die sterk agtsteman, een van die beter baldraers in die land, besluit het om sy kontrak met die OP Kings op te hef.

Greeff sal die leemte wat Chris Cloete los terwyl hy SuperRugby vir die Kings speel, meer as net vul. Cloete sal egter vir die Curriebeker saam met Greeff speel.
Dit is irones dat Greeff sy rugby uit Nelspruit sal speel nadat die Griekwas Jason Fraser verlede jaar by die span uit Mumalanga afgerokkel het nadat die nuus bekend geword dat Greeff Kings toe gaan.
Greeff versterk die Pumas gewis en die Pienktruie put groot voordeel uit die chaos by die Kings.
Greeff het presies 50 wedstryde vir die Poubloues gespeel en ses wedstryde vir die Cheetahs in SuperRugby.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
