Sport

Pumas put voordeel uit chaos by OP Kings

Greeff sal die leemte wat Chris Cloete los terwyl hy Superrugby vir die OP Kings speel, meer as net vul. Cloete sal egter tydens die Absa Curriebeker saam met Greeff speel.

Die Pumas het die oud-Griekwa, Carel Greeff vir die volgende twee jaar bekom nadat dié sterk agtsteman en een van die beter baldraers in die land, besluit het om sy kontrak met die OP Kings op te hef.

Greeff sal die leemte wat Chris Cloete los terwyl hy Superrugby vir die OP Kings speel, meer as net vul. Cloete sal egter tydens die Absa Curriebeker saam met Greeff speel.

Dit is ironies dat Greeff sy rugby vanuit Mbombela gaan speel nadat die Griekwas Jason Fraser verlede jaar by die span in Mpumalanga afgerokkel het toe die nuus dat Greeff Kings toe gaan, bekend geword het.

Hy versterk die Steval Pumas gewis en die Pienktruie put groot voordeel uit die chaos by die Kings.
Greeff het altesaam 50 wedstryde vir die Poubloues gespeel en ses vir die Vrystaat Cheetahs in Superrugby.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongani Mashisane

Bongani Mashisane is a journalist and digital content creator who began his career in 2005, working with African News Dimension, TimesLIVE and iNet Bridge.
Back to top button