Sport

Lede spook om te sien wie is jaar se bestes

Olifante, buffels, sebras, koedoes, seekoeie en rooibokke het nader gestaan en die spelers se dag nog meer opgekikker

Klublede van Kambaku Gholfklub het Saterdag, 30 Januarie in ‘n lekker warm Komati, dit vir die maandelikse trofee uitgesweet. Die dorp se mense is passievol oor gholf en niks hou hulle weg van die gholfbaan af nie, nie eers die uitmergelende hitte nie. Daar was ook nie ‘n tekort aan ondersteuning nie. Olifante, buffels, sebras, koedoes, seekoeie en rooibokke het nader gestaan en die spelers se dag nog meer opgekikker. Dit is nou een van die baie voorregte wat klublede by dié gewilde baan het. Nie elke klub kan daarmee spog dat hul ‘n uitsig oor die Nasionale Krugerwildtuin het nie.

Die kompetisie vind maandeliks plaas. Dit word gedoen in houespelformaat, met ander woorde, elke hou word getel tot in die gat. Spelers se voorgee word dan van die houe afgetrek om hul telling te bepaal.

Die persoon met die laagste aantal houe is dan die wenner. Die trofee is geborg deur Komati Apteek, terwyl Sophie’s Kambaku ook ‘n geskenkbewys het vir die tweede plek. Aan die einde van die jaar speel elke maandwenner teen mekaar in ‘n kompetisie om sodoende ‘n jaarlikse wenner aan te wys.

Januarie se wenners van die Maandtrofee is as volg:

Eerste plek: Jaco Botha met 71 punte

Tweede: Tarryn Maritz met 72 punte

Derde: Meyer Horn met 73 punte.

Die vroue het ook hul eie kompetisie binne die kompetisie gespeel, waarvan Tarryn Maritz as die wenner aangewys is.

Kambaku doen ook hulle deel in die gemeenskap en beplan om ‘n groot gholfdag op 5 Maart te hou ten bate van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) in Komatipoort. Besprekings kan by die gholfklub gemaak word by 083-2584-915.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button