Local sportSport

Hazyview karatekas vier 2015 se prestasies

Die karatekas van die Hazyview-dojo het die jaar met ‘n viering van hulle harde werk in 2015 begin.

Die dojo het aan die einde van Januarie die prysuitdeling gehou en trofees en toekennings vir verskeie aspekte van die sport uitgedeel.

Die groepie ywerige studente van sensei Danie en Sandra Janse van Vuuren sien nou al sedert die einde van verlede jaar daarna uit om te sien watter pryse hulle verwerf het. Die geleentheid het ook as motivering gedien om hierdie jaar nóg beter te vaar en harder te oefen.

Die pryswenners:

• Beste etiket en styl: Vincent Calaca

• Klasbywoning: Juandre Shand

• Beste junior seun en meisie: Rohan Louw en Akani Sibuyi

• Beste tegniek – skoppe: Hugo Lusse

• Best senior seun en meisie: Juandre Shand en Lesaya Calaca

• Getrouheid: Stacy Rudder

• Beste vordering: Henry Rudder

• Deelname: Joshua Muller

• Beste gees: Masigo Silinda en Angelo Capazorio

• Veggees: Tian Swart

• Uithouvermoë: Migaell Ludik

• Beste poging: Milamber Bubb, Marcus Muller en Jeandre Eden

• Beste kata: Quienten Hanekom en Lyla Bam

• Beste kumite: Jacinta Capazorio en Andeon Swart

• Goeie vordering: Heinrich Maree

• Volharding: Francois Bubb

• Beste meisies: Sarah Dorfling (eerste), Duprette Calaca (tweede) en Kate Mc Kinnon (derde)

• Best Little Ninja Boy: Christiaan Lategan (eerste), Jonathen Pretorius (tweede) en Telaylem Hanekom (derde)

• Best Little Ninja Girl: Genevieve Bubb en Tannur Calaca (tweede).

Thabang Manzini en Patricia Hanekom is onderskeidelik as die manlike en vroulike karatekas van die jaar aangewys.

Die karatekas is al reeds vir ‘n paar weke aan die gang, maar belangstellendes kan steeds vir Sandra by 082-530-3396 skakel.

Lees meer oor die klub:

Karatekas earn their black belts after five years of hard work

Karatekas display determination and skill at Shotokan club competition

Karatekas verdien heelwat medaljes by Lowveld Shotokan

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button