School sportSport

Robbies durf atletiek-reuse aan tydens Middelburg-byeenkoms

Hoërskool Rob Ferreira se atletiekspan het Vrydag tydens 'n atletiekbyeenkoms in Middelburg 'n algehele derde plek verwerf.

Die atletiekspan van Hoërskool Rob Ferreira het Vrydag tydens ‘n byeenkoms by Hoërskool Middelburg teen sterk skole soos Helpmekaar Kollege en HTS Witbank te staan gekom.

Die atlete het uitstekend gevaar en ‘n algehele derde plek vir die skool verwerf. Helpmekaar en HTS Middelburg het die eerste twee plekke opgeraap.

Innocentia Nkwashu (o.19) het in haar driesprong-item en Niel Erasmus (o.19) in sy spiesgooi-item die kwalifiserende standaard vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe oortref.

Thapelo Nkuna (o.15) was die beste junior veldatleet vir sy 5,70m afstand tydens verspring.

Christopher Thompson het die gesogte senior Victor Ludorum-beker gewen met sy puik pretsasies in die 100m, 200m en 400m baanitems.

Mnr Stefan van der Merwe, die skool se atletiekorganiseerder, sê baie ander Robbies het ook puik individuele prestasies behaal. “Ons sien nou met baie vertroue uit na die komende naweek se Laeveld Prestigebyeenkoms.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button