School sportSport
Geesdrif vir atletiek duidelik by kringbyeenkoms
Die bloedige hitte het op 5 Februarie geensins die veggees van atlete by die White-Hazy-kringbyeenkoms by Laerskool Numbi geblus nie.
Meer as 20 laerskole, insluitend Hazyview Primary, Skukuza en Witrivier het aan die eerste uitdunronde van die byeenkoms deelgeneem.
Slegs atlete tussen 10 en 13 jaar het aan die onderskeie baan- en velditems deelgeneem en die toppresteerders is deur na die volgende ronde wat Woensdag op dieselfde veld plaasgevind het.
Ouers en leerlinge van die onderskeie skole het die atlete vanaf die paviljoen aangemoedig en daar het ‘n goeie spangees onder die leerlinge geheers.
Die gasheerskool is tevrede dat die byeenkoms baie goed verloop het en dat hulle deelnemers puik presteer het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
